As dit by korrespondensie van besighede kom het ek vir lank my taal van voorkeur gemerk as Engels, ek vermoed dit was omdat die besigheids wereld maar Engels is, maar nie meer nie.
Daar was 'n paar faktore wat gelei het tot die besluit van my om waar daar 'n Afrikaanse boksie is om te merk, gaan ek die Afrikaanse boksie merk. As ek 'n call centre bel gaan ek aandring om in Afrikaans my saak te stel.
Die eerste faktor is huidige regering wat aandring daarop dat Afrikaners die oorsprong van alle probleme in Suid Afrika is.
Die tweede faktor is Facebook, na die vierde of vyfde anti-Afrikaanse groepie wat ek gesien het, het ek besluit om glad nie Engels te praat behalwe as ek nie anders kan nie.
Die derde faktor is die Franse. Die hele Engelse wereld het altyd iets oor die Franse te se, maar tog wil hulle almal Frans wees, en nou met die Rugby Wereld Beker aan die gang in Frankryk het die Franse spelers net geweier om Engels te praat, hulle praat Frans en as jy nie verstaan nie, kry vir jou 'n vertaler. So as die Franse dit kan doen, dan kan ek ook, nie net dit nie, ek dink die meeste Afrikaners het iewers Franse bloed in hulle inelkgeval.
Thursday, October 18, 2007
Friday, September 14, 2007
Kiku Sushi - Sushi in Seattle
Ek het toe gaan sushi eet by Kiku Sushi. Die pryse was maar normaal, $5 vir tuna rolls en $3 vir tuna hand rolls. So dis redelik, nie te duur nie, maar ook nie goedkoop nie.
Wat ek wel ontdek het was Kirin bier. Dis Japanese bier en dit was baie lekker, proe baie soos Cobra, die Indiese bier wat ek by Taj Mahal in Centurion gedrink het.
Iets anders wat hulle het wat anders is as die ander Japanese plekke waar ek al sushi geeet het is wat hulle noem Spider Rolls. Basies is dit 'n normale sushi roll soos 'n Tuna rol, maar hulle deep fry 'n hele krap en dan sny hulle dit in die helfte, sit hom op die rys en see gras en maak 'n rol van dit en sit dan rooi kaviaar op. Dis baie lekker, maar baie ryk.
So dit was 'n baie lekker uitstappie, ongelukkig het ek net mooi $28 se kleingeld gehad en die rekening was $27.90, so ek het die $28 gegee en die pad gevat. Ek sal nie gou weer soonte kan gaan nie, oops!

Sushi
So ek het nou al so baie burgers geeet, ek kan nie na nog een kyk nie. So vir 'n verandering gaan ek vanaand die ander groot Amerikaanse dis probeer - Sushi.
Sal terug rapporteer omtrent prys ens. later.

Thursday, September 13, 2007
Pizza Hut en Koeldrank
Wednesday, September 12, 2007
Ontbyt in Seattle
So ek is opsoek na 'n plek in Seattle wat vir my roer eiers, spek, wors en rooster brood kan maak. Ek het nou al gekyk by
en die naaste aan spek en eiers met rooster brood is 'n burger met eier en spek op. Dit wil voorkom of the gemiddelde Amerikaner te haastig is om te sit en met 'n mes en vurk ontbyt te eet, so alles is in reg om te eet burger formaat.
Ek sal lyk my 'n Burger King Ham Omelette Sandwich moet eet as ek eier en spek wil he.

Boer in Seattle
So ek is in Seattle VSA vir 'n Microsoft workshop. Sover vind ek die Amerikaanse kultuur baie interresant. Ek kon nog glad nie 'n plek opspoor wat vir my 'n dood eenvoudige "English Breakfast" kan gee nie. Jy weet geroerde eiers, spek, wors en rooster brood.
Ek sal later in meer detail gaan omtrent die beskikbare ontbyte hier in Seattle.
Iets anders wat baie interresant was, was die BBQ of braai wat ons gehad het. Ek vind dit baie interresant om te sien hoe verskillende europeuse kulture hulle vleis braai. Ek sal meer in detail daaroor ook praat later.
My reis na Seattle was sonder enige voorval, maar dit was wel 'n 26 uur oefening. So Seattle is baie ver van Suid-Afrika af met ander woorde.
Behalwe dat die Amerikaners my nie altyd verstaan nie gaan dit voor die wind hierso. My snaakste ondervinding was toe ek net gewone Panado by die Safeway (soos ons Spar) wou koop. Hulle het nie 'n benul wat paracetomol is nie. Wikipedia reken die Amerikaners noem dit Tylenol, moes dalk eers die Internet geraadpleeg het voor ek winkel toe was. Ek het toe maar aspirien gekoop.

Thursday, May 3, 2007
Durban naam verandering
Ek het toevallig die artikel op P.A.A. teëgekom. Die ANC will blykbaar Durban se straat name verander en die IVP is nie baie gelukkig met die idee nie. Lyk my die ANC is daarop uit om alle groepe in die land te ontstel en nie net die Witmense nie.
Aan die een kant voel ek half beter nou, dit wil voorkom of die ANC nie regtig daarop uit is om die Witmense the onstel soos wat ek eers gedink het nie, hulle is eerder daarop uit om hulleself te verhewe en alle ander groepe wat nie deel is van hulle nie tenatekom.
Aan die anderkant is dit regtig nie baie goed vir 'n land as die regerende party niks behalwe minagting het vir sy burgers nie en dit wil voorkom of die minagting nie gebind is aan vel kleur nie, maar wel aan politieke verbintenisse.
In elke geval lyk dit of die IVP bietjie hand uitgeruk het in die proses.

Afrikaanse films
Kan nie wag vir films soos Die Professor en die Prikkelpop, Kiepie en Kandas ens. nie.
Ek sien die films wat die maand gaan wys is die volgende:
- Daar doer in die Bosveld
- Pretoria, O Pretoria
- Daar doer in die Stad
- Hank, Hennery en Vriend
- Hans en die Rooinek
- Snip en Rissiepit
- Rip Van Wyk
- Dingetjie en Dynamite
Tuesday, April 24, 2007
Tukkies en Afrikaans
Ek lees so nou en dan Steve se blog net om bietjie op hoogte van sake te bly. Ek is nie 'n groot Steve fan nie, maar ek is ook nou nie 'n Steve hater nie.
Hy noem dat Afrikaans bietjie onderdruk word by Tukkies. Nou as 'n oud Tukkie is dit nogal hartseer om dit te hoor, alhoewel ek persoonlik het in die Engineers rigting gestudeer, wat beteken al my boeke en baie van my klasse was maar in Engels. Wat ons wel die vryheid gehad het om te doen was om in Afrikaans ons vraestelle en opdragte te doen. Die vryheid is nou lyk dit my in gedrang.

Sunday, April 15, 2007
My Moedertaal
Ek het onlangs die behoefte gekry om in Afrikaans my sê te sê. Ek het toe besluit om die blog te begin. Ek gaan sover moontlik slang vermy en net in Afrikaans skryf. Ek wil bietjie ondersoek instel op waar ek staan as 'n Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika.
So ek gaan oor alles en almal skryf in Afrikaans en kyk hoe gaan dit.

Subscribe to:
Comments (Atom)