So ek is in Seattle VSA vir 'n Microsoft workshop. Sover vind ek die Amerikaanse kultuur baie interresant. Ek kon nog glad nie 'n plek opspoor wat vir my 'n dood eenvoudige "English Breakfast" kan gee nie. Jy weet geroerde eiers, spek, wors en rooster brood.
Ek sal later in meer detail gaan omtrent die beskikbare ontbyte hier in Seattle.
Iets anders wat baie interresant was, was die BBQ of braai wat ons gehad het. Ek vind dit baie interresant om te sien hoe verskillende europeuse kulture hulle vleis braai. Ek sal meer in detail daaroor ook praat later.
My reis na Seattle was sonder enige voorval, maar dit was wel 'n 26 uur oefening. So Seattle is baie ver van Suid-Afrika af met ander woorde.
Behalwe dat die Amerikaners my nie altyd verstaan nie gaan dit voor die wind hierso. My snaakste ondervinding was toe ek net gewone Panado by die Safeway (soos ons Spar) wou koop. Hulle het nie 'n benul wat paracetomol is nie. Wikipedia reken die Amerikaners noem dit Tylenol, moes dalk eers die Internet geraadpleeg het voor ek winkel toe was. Ek het toe maar aspirien gekoop.
Wednesday, September 12, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment