Thursday, September 13, 2007

Pizza Hut en Koeldrank

Ek het besluit om 'n Pizza Hut pizza te koop vir aandete. Pizza Hut is mos Amerika se gunsteling pizza blykbaar. Ek teleursgesteld met Pizza Hut se pizza. Ek het die Meat Lover's pizza gekoop, maar die stukkies vleis op die pizza is nie vleis soos in SA nie, dis meer soos geprosesseerde vleis (dink rooi worsie) wat hulle op die pizza gooi. So vir my was dit nie naastenby so goed soos 'n Romans pizza nie.

Ek het wel iets anders ontdek wat baie lekker is: Mug Root Beer. Iets wat die Amerikaners goed doen is koeldrank. Dr Pepper is 'n ander koeldrank wat ons nie het nie wat baie lekker is. Amerika het ook Cherry Coke, nog 'n lekker koeldrank wat ons nie het nie. So Amerika is definitief die land met die beste burgers en die beste gas koeldranke.

No comments: