Tuesday, April 24, 2007

Tukkies en Afrikaans

Ek lees so nou en dan Steve se blog net om bietjie op hoogte van sake te bly. Ek is nie 'n groot Steve fan nie, maar ek is ook nou nie 'n Steve hater nie.

Hy noem dat Afrikaans bietjie onderdruk word by Tukkies. Nou as 'n oud Tukkie is dit nogal hartseer om dit te hoor, alhoewel ek persoonlik het in die Engineers rigting gestudeer, wat beteken al my boeke en baie van my klasse was maar in Engels. Wat ons wel die vryheid gehad het om te doen was om in Afrikaans ons vraestelle en opdragte te doen. Die vryheid is nou lyk dit my in gedrang.

1 comment:

gerhard said...

Dis sleg om te voel daar word aktief teen jou gediskrimineer. Maar hoeveel Afrikaanse mense sit hul kinders in Engelse skole? Baie blog selfs in Engels. Selfs persoonlike tipe blogs waar hulle skryf van die ditjies en datjies van hulle lewens. Wat net hulle Afrikaanse ouers ooit sal lees!