Iets anders wat hulle het wat anders is as die ander Japanese plekke waar ek al sushi geeet het is wat hulle noem Spider Rolls. Basies is dit 'n normale sushi roll soos 'n Tuna rol, maar hulle deep fry 'n hele krap en dan sny hulle dit in die helfte, sit hom op die rys en see gras en maak 'n rol van dit en sit dan rooi kaviaar op. Dis baie lekker, maar baie ryk.
So dit was 'n baie lekker uitstappie, ongelukkig het ek net mooi $28 se kleingeld gehad en die rekening was $27.90, so ek het die $28 gegee en die pad gevat. Ek sal nie gou weer soonte kan gaan nie, oops!
