Tuesday, April 22, 2008

Zimbabwe en Jon Qwelane

Ek het twee artikels gelees op news24.com, die een gaan oor Zimbabwe wat wapens wil he van China en 'n ander gaan oor rassisme.

Nou Jon se artikel kon ek nie kop of stert uitmaak wat hy probeer se nie, was basies vir my 'n klomp blah blah blah, iets wat jy basies op iemand se blog sal lees en nie in 'n koerant nie.

Nou Jon het voorheen geskryf oor hoe hy Robert ondersteun en dit wil voorkom of sy sentiment gedeel word deur ander mense ook. Een van die kommentators het die volgende gese:
"I support Robert Mugabe and i thank him for championing real black empowerment,zim economy is in shambles because of sabotage inflicted by racists."

Nou dis vir my heeltemal onlogies dat mense so kan redineer, ek meen ou Robert is besig om wapens in te voer na sy land waar daar geen onruste is nie, geen gevaar van buur lande nie, so mens kan net spekileur wat hy met die wapens wil doen, maar die ergste is om te hoor van mense in SA wat Robert ondersteun.

No comments: