Ek het toevallig die artikel op P.A.A. teëgekom. Die ANC will blykbaar Durban se straat name verander en die IVP is nie baie gelukkig met die idee nie. Lyk my die ANC is daarop uit om alle groepe in die land te ontstel en nie net die Witmense nie.
Aan die een kant voel ek half beter nou, dit wil voorkom of die ANC nie regtig daarop uit is om die Witmense the onstel soos wat ek eers gedink het nie, hulle is eerder daarop uit om hulleself te verhewe en alle ander groepe wat nie deel is van hulle nie tenatekom.
Aan die anderkant is dit regtig nie baie goed vir 'n land as die regerende party niks behalwe minagting het vir sy burgers nie en dit wil voorkom of die minagting nie gebind is aan vel kleur nie, maar wel aan politieke verbintenisse.
In elke geval lyk dit of die IVP bietjie hand uitgeruk het in die proses.
Thursday, May 3, 2007
Afrikaanse films
Kan nie wag vir films soos Die Professor en die Prikkelpop, Kiepie en Kandas ens. nie.
Ek sien die films wat die maand gaan wys is die volgende:
- Daar doer in die Bosveld
- Pretoria, O Pretoria
- Daar doer in die Stad
- Hank, Hennery en Vriend
- Hans en die Rooinek
- Snip en Rissiepit
- Rip Van Wyk
- Dingetjie en Dynamite
Subscribe to:
Comments (Atom)
