Ek het geen tyd vir Julius Malema wat net te lui was om te swot en eers sy Matriek op 20 gekry het nie. En as jy kyk na sy uitslae wat hulle teen mure geplak het, dink ek die skool het eerder moeg geraak vir hom en hom maar net deur gesit.
Hier is nou 'n outjie wat wys dat niemand 'n verskoning het om nie Matriek te maak nie. Hy het sommer 5 onderskeidings gekry. As almal in die ANCYL maar net soos hy was, dan sou ons regtig verandering in die land he.
Wednesday, December 31, 2008
Wednesday, December 24, 2008
Desmond Tutu en Zimbabwe
Ek moet se aan die begin het ek nie baie van Desmond gehou nie, maar deesdae vind ek myself al meer opwarm teenoor die ou en sy familie. Sy seun het nou die dag gese AA is verkeerd soos dit nou is en nou haal Desmond die regering uit oor Zim.
Lyk die ou en sy familie is nie so bad nie, of eerder lyk my ek en sy familie stem oor meer goed saam as wat ek oorspronklik gedink het.
Lyk die ou en sy familie is nie so bad nie, of eerder lyk my ek en sy familie stem oor meer goed saam as wat ek oorspronklik gedink het.
Monday, December 22, 2008
Amerikaanse Vakansie
Ek het besluit van volgende jaar af (2009) gaan ek begin spaar vir 'n lekker Amerikaanse vakansie met 'n lekker groot Harley.
Die voorlopige roete is baie lank, so ek gaan 'n Suider Afrika toer moet doen voor dan. Sal wag tot ou Mugabe uit die prentjie uit is, dan kan ek deur Zim ry met 'n lekker groot cruiser.
Die voorlopige roete is baie lank, so ek gaan 'n Suider Afrika toer moet doen voor dan. Sal wag tot ou Mugabe uit die prentjie uit is, dan kan ek deur Zim ry met 'n lekker groot cruiser.
Subscribe to:
Comments (Atom)
