As dit by korrespondensie van besighede kom het ek vir lank my taal van voorkeur gemerk as Engels, ek vermoed dit was omdat die besigheids wereld maar Engels is, maar nie meer nie.
Daar was 'n paar faktore wat gelei het tot die besluit van my om waar daar 'n Afrikaanse boksie is om te merk, gaan ek die Afrikaanse boksie merk. As ek 'n call centre bel gaan ek aandring om in Afrikaans my saak te stel.
Die eerste faktor is huidige regering wat aandring daarop dat Afrikaners die oorsprong van alle probleme in Suid Afrika is.
Die tweede faktor is Facebook, na die vierde of vyfde anti-Afrikaanse groepie wat ek gesien het, het ek besluit om glad nie Engels te praat behalwe as ek nie anders kan nie.
Die derde faktor is die Franse. Die hele Engelse wereld het altyd iets oor die Franse te se, maar tog wil hulle almal Frans wees, en nou met die Rugby Wereld Beker aan die gang in Frankryk het die Franse spelers net geweier om Engels te praat, hulle praat Frans en as jy nie verstaan nie, kry vir jou 'n vertaler. So as die Franse dit kan doen, dan kan ek ook, nie net dit nie, ek dink die meeste Afrikaners het iewers Franse bloed in hulle inelkgeval.
Thursday, October 18, 2007
Subscribe to:
Comments (Atom)
